Ask an expert
Question

21 Jul 2008

Aanmekaar maaggriep-Dok HELP!
Hallo Dokter

Ek kry verskriklik baie maaggriep in ' n jaar. Ek drink elke dag ' n probi flora en eet yoghurt, maar steeds kry ek dit. Ek eet nie Te vetterige kos, bv viswinkel vis en chips nie. As ek sê  ek kry dit gereeld bedoel ek 1 keer elke 2maande. Wat kan dit wees en hoe kan ek dit voorkom?
Answer 4,334 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Lienkie
Daar is verskeie redes vir herhalende diaree - die algemeenste is parasiet infeksies bv Gardia Lamlia infeksies - Mens kan dit uitskakel deur 'n stoelgang monster laboratorium toe te neem vir 'n kweking en mikroskopie. Dit word met 'n spesifieke anti -parasiet middel behandel. Mens kry baie keer Gardia in op ongewaste slaai (bv in 'n restaurant). Ander oorsake kan gluten gevoeligheid of laktose gevoeligheid wees - so die volgende stap sal wees om te kyk of dit verband hou met inname van melkprodukte of koring produkte. Sommige mense met "irritable bowel" sindroom kry ook afwisselend diaree en hardlywigheid.
Jou dokter moet maar op 'n punt begin en die oorsake daarvan uitskakel, maar moenie dit net los nie want mens verloor baie belangrike minerale met so gedurige diaree en jou vitamien opname word ook benadeel. As jy op die kontrasepsie pil is kan dit ook veroorsaak dat die Pil nie so goed werk nie. Sterkte!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19322 votes
Vote