Ask an expert
Question

20 Jan 2004

Attention Deficit (ADD)
My 7 jarige seun word deur 'n pediater vir bg behandel.
Ek het baie opgelees (internet, boeke en pamflette) oor ADD en ook met die dokter en arbeidsterapeut daaroor gesels.

Hoe word ADD in volwassenes behandel? Ek is oortuig dat my seun dit van my geerf het. Ek is 37 jr oud en is rusteloos en kon nog nooit in 'n klas konsentreer nie. Ek het ook van die ander simptone.Ek het 'n kantoor werk,wat my baie frustreer.
Ek weet ek moet na my huisdokter gaan, maar word volwassenes hiervoor behandel?Waar kan ek meer lees oor volwasse ADD?(ek is nie hiperaktief nie, net rusteloos.)
Answer 626 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Adelle, ADD word ook in volwassenes met Ritalin® behandel, maar dis dikwels minder suksesvol. Die beste sal wees om ‘n psigiater te sien en dit met hom te bespreek. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.