Ask an expert
Question

11 Dec 2004

Bad smell 3-4 days after sex
Beste Doc,
Ek doen navraag vir iemand anders, sy het 'n geweldige probleem met haar man op hierdie stadium. Hy beskuldig haar dat sy rondslaap met ander mans en noem haar die vreeslikste name. Sy werk lang ure en doen gladnie sulke dinge nie.

Sy ondervind egter dat telkens nadat hulle omgang gehad het, ontstaan daar 'n slegte reuk by haar plus minus 3 - 4 dae daarna.(nou wil haar man weet waarom sy so sleg ruik?)

Uit my eie vorige ondervinding met my vorige man het dieselfde gebeur (agterna het ek vasgestel dat hy by 'n ander vrou geslaap het) My dokter het destyds vir my behandeling gegee wat my man terselfdertyd ook moes drink.

Kan dit ,moontlik iets anders wees wat die reuk veroorsaak?
Kan dit moontlik by haar vrouedele veroorsaak word?
Kan dit dalk by hom ontstaan en aan haar oorgedra word (hy is 53) en sy is 32

Sal bly wees vir antwoorde,
Baie dankie
Answer 679 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Bad smell 3 days after sex, dit klink vir my dat indien enige iemand rond slaap, dit die man is. Dit klink asof hy vir haar ‘n infeksie gee en dit dan die reuk veroorsaak. Ek kan dit natuurlik nie van hierdie kant van die skerm af bevestig nie. Die beste sal wees om albei vir behandeling te gaan en dan kondome vir die eerste ruk te gebruik. As dit dan terug kom sodra hulle nie meer kondome gebruik nie, is die man waarskynlik die skuldige een (dis natuurlik as jou vriendin regtig nie ander seksuele verhoudings het nie). Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9422 votes
No
68% - 19857 votes
Vote