Ask an expert
Question

06 Mar 2007

blaasinfeksie????
Ek urineer oneindig baie, en sodra ek klaar geurineer het wil ek weer gaan. Was 5 dae gelede by my GP waar hulle my urine weggestuur het, maar die uitslae is nog nie bekend nie. My urine is baie verdun en lyk soos water. Ek drink nie nou baie vloeistowwe nie omdat ek nie kan voorbly om toilet toe te hardloop nie. Daar is ook bloed teenwoordig in my urine, maar dis 'n konstante probleem dat ek bloed in die urine het. Was al by die urilogie hospitaal ('n paar jaar gelede) vir toetse, maar hulle kon niks verkeerd kry nie. Ek kry ook steek en brandpyne aan die onderkant van my abdomen maar geen pyne as urineer nie. Dit voel net vir my die heeltyd of ek wil urineer al kom daar net 'n paar druppels uit. My GP het my op Macrodantin 100mg gesit, maar dit werk nie, want dit raak erger en ek meer desperaat!!! Ek het ook Citri Soda tussen in gedrink wat ook nie help nie, wat moet ek doen???
Answer 8,634 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Charlene
Jy mag dalk 'n blaas inflammasie of "irritable bladder" hĂȘ - probeer bietjie Urispas pilletjies 3 x per dag, vermy koffie en ander stimulante?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.