Ask an expert
Question

06 Apr 2006

BLOEDKLONT DEUR LONG
My stiefma is Donderdag 30/03/2006 oorlede, oorsaak bloedklont deur long. Sy was 68. Sy was maer en het ook n lewer aandoening gehad wat veroorsaak het dat sy kroniese diaree gehad het en baie opgegooi het. Ek wil net weet, wat veroorsaak so n bloedklont en kan n mens so iets voorkom?

Dankie
Answer 8,780 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Susan
Mens kan dit voorkom deur 1/2 disprin per dag te neem. Sy kon dalk ontwater het en toe 'n klont in die aar gekry het wat geskiet het na die longe. Partykeer vorm so klontjie ook op die hartkleppe. 'n Longembolis is baie keer soos 'n hartaanval - 'n groot persentasie mense oorleef dit in elk geval nie - al kry hulle die beste behandeling. Dit is feitlik onmoontlik om te voorspel of iemand dit gaan kry of nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.