Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- CyberDoc
- Oral health expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
Cannot control urination
Hi Doc
Ek vermoed ek het 'n probleem met my blaasfunksie. Ek is 42. Sodra ek 'n behoefte voel om te urineer is dit basies te laat. Ek neem nie baie vloeistof in nie (deels agv hierdie probleem) en ervaar dat indien ek meer as 1 glas vloeistof inneem binne 'n bestek van sê 2 ure, ek wil urineer. Ek wil dus tydig en ontydig urineer en as ek nie naby toilet fasiliteite is nie, het ek 'n probleem! Ek kan dit glad nie inhou indien ek 'n skielike behoefte kry om te urineer nie, wat gereeld gebeur! Ek kry net somtyds 'n geleidelike waarskuwing, en kan dan betyds by 'n toilet uitkom maar die meeste gevalle nie! Gelukkig werk ek in 'n kantoor omgewing en kan dan vinnig na die naaste toilet storm maar baie keer nie betyds nie, dan het ek 'n ongeluk! Dit word vir my 'n baie ongemaklike situasie. Wat staan my te doen? Is daar medikasie vir so iets of is een of ander operasie my voorland?
Groete en dankie vir u advies.

Andrea, dit mag wees dat jy ‘n infeksie, ‘n blaas sfinkter probleem of ‘n “uitgesakte blaas” (tydens swangerskap seer gekry) het. Die behandeling hang af van die oorsaak, maar daar is gewoonlik ‘n oplossing. Die beste sal wees om ‘n uroloog te sien en dit uitgesorteer te kry. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.