Ask an expert
Question

13 Aug 2010

Diabeet
Ons huisdokter het my gestuur vir ''n paar bloedtoetse omrede my hare nogal heelwat uitval en ek konstant moeg is. Dit het toe uitgekom dat ek op die drumpel is om diabeet te wees en ek gebruik nou Glucophage een keer per dag (my glukose telling was 4 en my insulien telling was 20). Soos ek nou verstaan is my insulien te min om die glukose uit my bloed te vervoer. is daar enige iets wat ek kan doen om die insulien te verbeter, behalwe die pille drink? My dokter het net vir my gese dat ek nou vir die res van my lewe op n geen suiker dieet moet wees en ek volg nou ''n " Low GI"  dieet wat ek by die dieetkundige gekry het maar ek " Crave"  die hele tyd soet goed - gewoonlik het ek nie ''n soet tand nie. Ek het intussen weer ''n bloedsuiker toetsie gedoen en die telling was toe 3.9. Die apteker het gese dit is te laag en ek moet suiker eet om dit op te bring. Ek voel ook meeste van die tyd duiselig en naar. wat moet my suiker telling wees om saam met die insulien te werk.
Answer 1,308 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Cat

Jou suiker telling moet tussen 4 en 6.5 wees. Die beste manier om jou glukose saam met 'n dieet en medikasie te beheer, is gereelde kardiovaskulere oefening. Ek stel voor dat jy 'n suiker masjientjie kry waarmee jy jou suiker tuis kan toets.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.