Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- CyberDoc
- Oral health expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
Diet pille
Hallo dokter
Ek het vandag gehoor van Simply slim. Dink dokter dis ' n goeie dieet pil? En kan mens dit saam met jou voorbehoedmiddel gebruik, bv. Marvilon? Op hulle web werf is al die bestandele van die pille. simplyslim dot co dot za.
Dankie dokter vir al die hulp

Hallo Helena
As iemand wat self die laaste paar weke bietjie "duideliker" geword het, wens ek regtig daar was 'n wondermiddel wat mens net vinnig kan gebruik - dan was ek eerste in die ry. Daar is niks gevaarlik in Simply slim nie, maar daar is eenvoudig nie 'n maklike manier om gewig te verloor behalwe om reg te eet en bietjie te oefen nie. Die pille gaan jou dalk net motiveer omdat jy duur betaal het daarvoor om by die eetplan (wat gewoonlik daarmee saamkom) te bly. Jy kan dit probeer, maar onthou dat as mens gewig wil afhou, jy 'n permanente verandering in jou lewensstyl moet maak. Soos mens ouer word, word dit ook moeiliker omdat mens minder aktief is. Die Cassia en aloe vera is ligte lakseer middels. Dextrose is maar 'n tipe suiker, en fibre is fibre. Die ander goed is redelike goeie gesondheidsaanvullings.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.