Ask an expert
Question

20 Oct 2009

Dokters besoek
Ek is ' n vrou en is 26 jaar oud. Ek is nie siek nie, maar wil graag dokter toe gaan vir ' n jaarlikse check-up. Waarvoor moet ek vra en waarna moet die dokter kyk. Op watter ouderdom begin mens kyk na al die vroulike check-ups waarvan my ma altyd praat? Ek is op discovery mediese fonds so ek wil ook graag so veel as moontlik vitality punte verdien.
Answer 3,280 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Saartjie
Jy moet kyk watter siektes dalk in julle familie loop - bv diabetes, hartsiekte, velkankers ens, en dan vra jy die dokter om spesifiek na daardie area te kyk. (As dit 'n goeie dokter is sal hy uitvra oor jou familie geskiedenis) Meeste dokters sal dan na jou bloeddruk kyk, uriene toets en basiese bloedtoetse neem soos 'n volbloed telling, skildklier hormoon vlakke, suiker en cholesterol ens. Hy moet ook 'n fisiese ondersoek doen - na jou hart luister, jou longe luister, in jou ore kyk en jou buik voel vir abnormale knoppe ens. As jy getroud is of seksueel aktief is, moet jy ook 'n papsmeer kry (toets vir baarmoedermond kanker)en dit is ook goed om hom/haar te vra om te kyk of daar enige knoppe in jou borste is.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19881 votes
Vote