Ask an expert
Question

23 Jul 2008

DVT
Is in 2005 gediagnoseer met DVT, die aar het gestol van my linkervoet tot in my maag, was vir 14 dae in die Medi City Paarl. Na 6 maande op Warfarin is ek afgehaal en moet permanent ' n rekkous dra - lewenslank. In Feb 2008 is ek terug op Warfarin, as gevolg van steekpyne in my linkervoet/been en linkerlong.

Nou, my probleem is: my been pyn geweldig van die voet tot bo in die bo-been en lies, die voet en onderbeen kook van die hitte en is hiper sensetief vir enige material of wat ookal aan die voet/been raak. .
My voet-en-end van my bed is gelig. Op hierdie oomblik dra ek die kous dag-en-nag om te kyk of ek nie van die pyn en hiper sensitieweteit kan onslae raak nie.
Die been moet gedurende die nag - winter of somer - buite die komberse slaap omdat dit voel of die been/voet enige oomblikke aan die brand gaan slaan. Ek het ook al die been gemasseer, maar dit was duidelik ' n groot fout - die been duld dit nie.

Ook het ek ' n studie gedoen op verskeie voedselsoorte wat ek mag en nie mag inneem met die Warfarin nie.
Soos bv.:aspersies,broccoli,blomkool,kool,spinasie,Brusselse spruite, sojabone,dwerg-erte,lensies,droë bone/erte,groen blaregroentes,beet,groentee,advokada' s,uie,lewer.
Hierdie kossoorte laat die bloed stol en werk teen die Warfarin in, maar dan is daar vars gemmerwortel en cranebessie sap wat weer die bloed dunner maak, nou is dit moontlik, dat as ek gemmerwortel en cranebessie sap saam met die bogenoemde kosse inneem - sal die 2 mekaar nie dan uitbalanseer nie en my INR normaal hou nie?

My inname van Warfarin is Dins/Vrydae is 1 1/2 en die res van die week 1.
Het u miskien enige raad vir my, het al wat ' n mediese tydskrif/webwerwe deursoek om die probleem opgelos te kry.

Dankie
Yulandi
Answer 1,740 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Yulandi
Nee omgelukkig sal die gemmerwortel en craneberry nie die ander goed uitbalanseer nie - net jou INR meer omkrap!
Jyhet waarskynlik nou post trombotiese sindroom (gebeur in omtrent 50% van die pasiente) sien http://www.inate.org/en/1/2/6/23/Default.aspx
Dit lyk vir my al wat regtig effens help behalwe wat jy reeds doen is "Intermittent pneumatic compression" ( dit is 'n cuff wat opblaas en dan weer afblaas wat oor jou been pas) en oefening (stap) - vra bietjie jou dokter of hy kan uitvind of dit beskikbaar is in jou area.
Ek wonder ook of vit B aanvullings (veral B3) en 'n lae dosis trisikliese antidepressant soos Tryptanol nie sal help nie (dit het 'n effek op die manier wat mens pyn ervaar in jou brein)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9422 votes
No
68% - 19857 votes
Vote