Ask an expert
Question

01 Dec 2004

Energie
Ek is deesdae verskriklik moeg en lam deur die dag. Ek kry so 8ure plus se slaap in. Maar bly moeg. Ek sukkel om aan die gang te kom. Gewoonlik as ek sê ek gaan iets doen, doen ek dit dadelik.(soos huiskoon maak) Dit vat baie om net te begin. Is daar enige pille of so iets wat ek kan drink om meer energie deur die dag te hê? Ek is nie swanger nie. Dit weet ek verseker. Soek net iets om my te help met energie. Baie dankie.
Answer 511 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Huisvrou, moegheid is ‘n baie algemene simptoom en nie spesifiek genoeg om ‘n diagnose mee te maak nie. Die mag wees as gevolg van te hard werk en te min speel, bloedarmoede, suiker probleme, bloeddruk probleme, skildklier,hart, nier, long, lewer, ens. probleme, en ‘n trok vol ander minder algemene probleme. Jy kan iets soos Vitathion® probeer, maar as dit nie werk nie sal die beste wees om jou dokter te sien en seker te maak dat niks ernstig verkeerd is nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote