Ask an expert
Question

21 Dec 2004

GESNYDE ARM
Ek het advies nodig! Kan u vir my se waar sit jou hooffslagaar in 'n mens se arm. Is dit aan die bokant van jou arm of is dit onder by die area wat by jou pols verbygaan? My suster het haar arm geweldig beskadig nadat sy met haar arm deur die venster geval het. Daar is 'n operasie op haar arm gedoen. Al wat ek wil weet is waar jou slagaar sit asb. dit is vir my baie belangrik. Baie dankie vir 'n puik "program". Ek het al baie antwoorde op my vrae gekry.
Answer 2,847 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Bekommerd, die hoofslagaar loop aan die binnekant van jou bo-arm af tot by jou elmboog. Dit deel in twee net onder jou elmboog en loop aan beide kante van die voorkant (handpalm kant) van die voorarm af tot by die pols. Die meer prominente een is dikwels aan die duim se kant van die pols (radiale pols). Laat weet maar as jy nog vrae het. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.