Ask an expert
Question

06 Aug 2010

Geswikte enkel of meer.........
Ek het verlede saterdag my enkel verstuit, maar dis nogsteeds baie seer, dis potblou bo die enkelbeentjie en onder asook aan die anderant van my enkel en die gedeelte om my enkelbeentjie is nog geswel en dis baie teer wanneer ek daaraan vat. Ek het my enkel die hele week gesmeer en toegedraai, maar dis nog baie seer as ek lank moet staan of in en uit die motor klim. Kan dit wees dat ek iets geskeur het en hoe gemaak? Ek en my man gaan oor twee weke see toe, so ek is te bang om dr toe te gaan.
Answer 13,223 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Susan

Jy het heel waarskynlik 'n ligte skeur van die ligamente van die enkel. Dit kan 'n paar weke neem om te genees en ek stel voor dat jy jou enkel rus en Brufen vir die swelling en inflammasie om die enkel gebruik. Jy kan 'n afspraak by 'n fisioterapeut maak vir behandeling en 'n moontlike enkelstut.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.