Ask an expert
Question

26 Jul 2006

Ginnette voorbehoedpil
Ek is nou al vir 4 maande op die voorbehoedpil. Ginnette. Is dit al vir my veilig om seks te hê sonder 'n kondoom? Het dit enige newe effekte? Het al gehoor dat mens die pil elke dag op dieselfde tyd moet drink, is dit so? En as ek sê nou ma naweke die pil nie drink die tyd wat ek hom in die week drink nie, gaan dit iets maak???
Answer 4,472 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Girly
Ja dit is veilig, en jy moet probeer om die pil so naby moontlik op dieselfde tyd te drink maar dit is nou nie 'n krisis as jy Saterdag oggend 1 uur later slaap nie! Ek is nie so seker watse newe-effekte jy na verwys nie - die pil s'n of die seks s'n? Die pil kan mens dalk 1 kg of so laat optel, en bietjie water laat terug hou maar Ginette is baie lig en behoort nie probleme te gee nie. Die belangrikste newe effek van seks sonder kondome ( en sonder die pil) is swangerskap :-) en natuurlik seksueel oordraagbare siektes.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.