Ask an expert
Question

18 Aug 2010

Gordelroos
Hi Dr

Kan mens gordelroos kry sonder n rooi uitslag? Van my nek af op tot bo my oor aan die linkerkant is my vel skielik baie gevoelig, en my oor was ook seer gewees gisteraand, en ek het kopseer. Maar ek het geen uitslag nie, kan dit gordelroos wees, of iets anders? My ouma se oor is doof agv gordelroos, so ek is bietjie bang daarvoor, veral as mens dit bo die skouers kry. Ek het waterpokkies gehad toe ek klein was, en is nou 33 jaar oud.

Dankie

Tania
Answer 3,597 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Tania
Nee dit sal altyd 'n uitslag gee - maar kan so 24-48 voor die tyd baie sensitief raak. Hou maar dop en as jy enige blasies sien gaan sien jou dokter dadelik. As mens binne 24 uur begin Zelitrex drink kan jy die aanval behandel en komplikasies of verdere aanvalle voorkom. Kyk ook net bietjie of dit nie dalk 'n nekspierspasma is nie?
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9380 votes
No
67% - 19432 votes
Vote