Ask an expert
Question

05 Oct 2009

gordelroos/miv
Beste dok,
Ek het so middel Sept gevra i.v.m. my bediende wat die pyn en uitslag gehad het. Dit was toe skynbaar gordelroos. Die utslag het toe verdwyn, maar sy het geweldige pyn begin kry, so erg dat ek haar afgegee het en gese het sy moet maar eers heeltemal gesond word. My vraag is - kan die pyn die nadraai wees van die gordelroos, en hoekom? en kan die feit dat sy HIV-positief is die probleem vererger. Ek wil haar liewer sien ophou werk en ongeskiktheidpensioen kry, maar weet nie of sy met die gesondheidsprobleme soos ek genoem het ' ' siek' '  genoeg is om ongeskik vir werk verklaar te word deur n geneesheer (of seker 2 in die geval van aansoek vir ongeskiktheid?) nie. Watse raad kan dokter my gee? Sy is regtig die laaste maande absoluut n nul op n -|- rak en ek het nie meer lus vir dit nie. Haar UIF is ook op datum betaal. Baie dankie vir die goeie raad, elke keer...
Answer 4,276 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Leslie
Omdat gordelroos die senuwees betrek is dit regtig vreeslik pynlik, selfs na die vel wonde genees het ( hulle noem dit post herpetic neuralgia).
Kyk http://www.labour.gov.za/legislation/acts/how-tos/unemployment-insurance-fund-uif/how-to-claim-uif-illness-benefits vir aanduidings oor hoe om haar aansoek te doen by UIF. Die beste is om haar gereelde dokter die vorms te laat invul, ingeval hulle inligting het oor haar immuunstatus ens. Die slegte nuus is, dit vat maar langerig - 'n paar maande. Jy kan haar al haar verlof en siekverlof laat opgebruik, en haar dan onbetaalde verlof gee en 'n temp in diens neem. Ek was in dieselfde situasie - ek het 'n temp 2-3 keer per week gekry en die ander dae se geld maar vir die sieke gegee - hulle moet tog nog eet!
Sterkte
dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9476 votes
No
68% - 20325 votes
Vote