Ask an expert
Question

10 Aug 2007

Hallo dok.
Hallo liewe dok. Ek hoop dok het ‘n baie spesiale vrouedag gehad gister. Ons was Hartenberg toe (letterlik om die draai!) waar ons middagete gehad het, en het toe sommer ons rooiwynkolleksie aangevul met so 12 ou botteltjies.

Ek wil graag vra; ek het die laaste paar dae iets wat ek dink dalk blaasinfeks kan wees. Gister het ek ook verhouerig gevoel en is vandag siekerig (nies en sinusse). My maag is ook omgekrap vandag na hy gisteraand begin pyn het. My kop is effe seer maar meer ‘deurmekaar’. En my hart klop snaaks. Hy sal skielik begin vinnig klop vir lank en dan normaal, maar ek voel hom hardloop en bokspring.

Ek is so paar dae terug heeltemal van my Seroquel, Cipralex en Camcolit af na so 2 maande van bietjies, bietjies minder maak.

Ek is nou net op Eltroxin, Disipal en Lamictin (100mg).

Net gewonder wat’s up.
Answer 695 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Champagne
Dit klink of jy 'n griepvirus erens opgetel het - is jou spiere ook seer? As jy koorsig is, en seer spiere het kan die virus ook die hartspier aantas wat die onreelmatigheid kan veroorsaak. Dis dan beter om 'n dokter te sien , medisyne te kry en IN DIE BED te bly. Laat hulle sommer ook jou uriene toets om te kyk of daar iets fout is. Hoe voel jy nou op die verminderde medikasie?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.