Ask an expert
Question

23 Jul 2008

Hammy!!
Hello Dokter

Ek het vandag rugby geoefen en toe ek hardloop ek iets in my liker been voel trek. Dit is vrek seer en die Hammy is baie styf.. Is dit dalk net ' n kramp of iets?
Al my probleme het so 2 jaar terug begin. Ek het in 2 jaar se tyd die volgende al gehad: Regter Hammy geskeur, Regter en linker bo-been geskeur en nou is dit my linker hammy...
Wat kan ek doen? Hoekom gebeur dit met my? Ek is raad op, help my asb.
Ruhan (17 jarige)
Answer 1,537 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Ruhan
Jy strek en warm dalk nie genoeg op voor jy begin oefen nie. Dis moeilik om te oordeel wat presies die probleem is op so forum - miskien moet jy net laat 'n fisioterapeut na jou been kyk om te sien of daar 'n skeur of net 'n spasma is. Tekens van 'n hamstring skeur is pyn, swelling, blou kneusing, spasma en jy sukkel om jou knie te buig. Behandeling is ys, verbind die area en sien 'n fisioterapeut.
Spasmas is net tydelik en sal ontspan as jy strek. As strek te pynlik is is dit dalk 'n skeur.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19322 votes
Vote