Ask an expert
Question

10 Dec 2004

Hardlywig
Maag is vreeslik opgeblaas. Eet meusli, All-Branflakes, vrugte. Maag werk nie gereeld nie somtyds gaan daar tot 'n week verby voordat iets gebeur. Lakseermiddels veroorsaak krampe op die maag. Maag word so hard dat dit nie moontlik is om te druk nie, dit word te seer en die ambeie word al meer. Ek soek dringend raad
Answer 1,690 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Diesel, daar is ‘n magdom van redes vir jou probleem en ek kan hulle nie almal lys nie. ‘n Paar punte:
1. Semels en muesli mag winderigheid en hardlywigheid vererger.
2. Oefening en 3 liter water per dag gaan ‘n vêr pad om hardlywigheid te verlig.
3. Boere rate soo bruinsuiker en heuning is veilige lakseermiddels met minimale newe-effekte.
4. Daar mag ‘n onderliggende probleem wees, dus sal dit ‘n goeie idee wees om jou dokter te sien.
5. Stoelganversagters soos Duphalac® is ‘n better opsie as itrritante soos senna peule.
6. ‘n Gebalanseerde diëet is belangriker as ‘n hoë vesel diëet.
Laat weet maar as jy meer spesifieke vrae het (pos hulle net as ‘n nuwe vraag asnders kry ek hulle nie). Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.