Ask an expert
Question

27 Jul 2006

Help Asseblief
Ek het my kop 25 Maart gestamp by die werk - is opgeneem vir harsingskudding vir 3 dae - het gegaan vir CT scan - sonder die inspuiting - kon niks optel nie - oogkundige en oogspesialis kan niiks vir my doen nie.

My "R" pupil is vergroot vanaf die stamp m.a.w lig stroom direk deur en dit maak my MAL - ek sit al en werk in 'n donker kantoor en leef vir die aande sodat my kopseer net minder sal wees. Ek werk perminent op 'n rekenaar en dit help ook nie die situasie nie.

JHB hospitaal het vir my Pilocarpine gegee wat ek elke aand moet ingooi om die pupil te verklein - ek huil soos 'n baba want dit is ongelooflik seer! Onmiddelik hoofpyn en erg naar en moet gaan slaap om te kan beter voel.

Van nou Sondag af kry ek die ongelooflikste steekpyne deur my kom en is duiselig en van balans af.

ASB HELP MY (ek het nie 'n mediese fonds nie en my baas wou nie dat ek 'n 'INJURY ON DUTY" invul nie.
Answer 1,774 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Liewe Hoofpyne
Jou baas het nie 'n sĂȘ hierin nie - dit is sy plig en die wet om dit te rapporteer - gaan na julle HR manager toe en vul die vorms in. Sien http://www.labour.gov.za/how_to/howTo_display.jsp?id=7964

Baie keer is die pupil "verlam" na 'n harde stamp maar dit kom weer reg. Help dit nie as jy 'n donkerbril opsit of die een oog toeplak nie?

Partykeer kan daar 'n subdurale breinbloeding dae of weke na die besering ontwikkel wat drukking op die brein sit - as jy enige simptome het soos hoofpyn wat erger word, naarheid, nekstyfheid, swakheid in arms of bene of veranderinge in jou gevoel, praat, sien of hoor MOET jy teruggaan na jou dokter toe vir 'n opvolg.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.