Ask an expert
Question

29 Nov 2004

Hoe bloeddruk
Ek is in 2002 gediagnoseer met hoë bloeddruk met gevolglike nier versaking. Voor ek gehospitaliseer is was ek weinig by enige dokter, baie gesond en feitlik elke dag aan een of ander sport deelgeneem. Ek het nog nooit gerook nie en eet in die algemeen baie gesond en het dus ook nie enige gewigsprobleme nie.

Sedert 2002 drink ek 1 30 mg vascard en 1 100mg fortzaar tablet per dag. Sedertdien was my bloeddruk konstant 120 oor 80 maar sedert 'n week gelede is dit weer terug na 150 oor 100 met tekens van proteine in my urine monsters.

Ek besoek 'n nier spesialis een keer elke drie maande en het regtig gedink my toestand sal begin stabiliseer.

Sal daar ooit 'n tyd kom waar ek nie meer pille hoef te drink nie? Is daar nie 'n alternatiewe behandeling van meer natuurlike aard nie. Die pille maak my baie lusteloos en moeg sodat dit skielik vir my 'effort' word om te oefen alhoewel ek nogsteeds gek is oor squash, touch rugby en ander sport.

Alhoewel ek gou moeg word sal ek ten minste vir twee uur intensief squash speel. Kan ek aanhou met intensiewe oefening in my toestand?
Answer 1,514 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Johann, 150/100 is nie die einde van die wêreld nie, maar dit is te hoog en sal opgevolg moet word. Die hoë bloeddruk is waarskynlik as gevolg van die nier probleem en nie anders om nie, maar ek kan nie met sekerheid sê van hierdie kant van die skerm af nie. Die beste sal wees om jou spesialis te gaan sien en dit uitgesorteer te kry.
Jy kan natuurlike middels neem saam met jou huidige medikasie, maar dit sal onwys wees om jou huidige medikasie daarmee te vervang. Maak ook seker dat wat jy ook al neem nie met jou huidige medikasie inmeng nie, want veral die Fortzaar® keer dat jy verdere nierskade opdoen. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19307 votes
Vote