Ask an expert
Question

03 Apr 2006

hoes
ek het boonstelugweg infekise gehad en ek hou nie op hoes nie wat kan dit wees ek rook nie ek het diie hoesgoed wat die dokter vir my gegee het klaar gedrink??????
Answer 941 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo SJ
Ons noem dit hiper-reaktiewe lugwee - die infeksie maak mens se bors amper soos asma - sensitief vir koue lug, gasse, rook ens. Dit kan partykeer tot 4 weke neem om weg te gaan. As jy nie koors het nie, nie benoud is nie, nie geel slym ophoes nie en nie 'n post nasal drip het nie, kan jy iets soos Benylin met kodeien gebruik. As jy nog enige simptome het moet jou dr asb weer na jou kyk.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.