Ask an expert
Question

01 Aug 2008

Hulp met swamme
Hi,

Was rukkie gelede by dr vir ' n swam infeksie op my penis - nie juis baie erg nie, dit is net daar en al vir ' n geruime tyd. Hy het ' n room voorgeskryf (Kenacomb) wat nie juis gewerk het nie. Ek het toe bietjie kom lees hier op jul website en iemand het gesê  dat Peservate room goed werk. Ek gebruik nou dit twee keer ' n dag, maar dis asof dit in die oggend bietjie rooier is as deur die res van die dag wanner die room aangewend is en bietjie gewerk het - moet ek dit meer gereeld aanwend...drie keer per dag? Kry mens medikasie (pille) wat ek kan vra oor die toonbank (sonder voorskrif) by my apteek of dalk ' n ander room wat ek kan probeer? Werk hierdie room slegs op die lang duur of is dit veronderstel om vinnig te werk?

Ek kan weer dr toe gaan, maar ek is ' n man en dis nou nie juis die aangenaamste probleem om met jou dr te bespreek nie...ai tog!

Ek dink Dr Bets en Burger doen baie goeie werk met hierdie site...dankie!
Answer 1,801 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Basjan

Dankie vir jou terugvoering.

Persivate is 'n cortico-steroide en sal verligting bring aan die simptome van die swam infeksie, maar sal dit net vererger. Ek stel voor dat jy 'n Diflucan 150mg tablet neem en dan Apor topikale room, twee keer 'n dag, gebruik vir ten minste 10 dae.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9476 votes
No
68% - 20323 votes
Vote