Ask an expert
Question

17 Aug 2007

kanker
Ek is net nuuskierig, sê nou maar net 'n mens het blaas of een of ander vorm van kanker in die baarmoeder en die dokter doen nie genoeg toetse om verder ondersoek in te stel nie en gee slegs medikasie vir blaasinfeksie en nierinfeksie, sal die pynlike simptome tydelik weg terwyl jy op die medikasie is, of sal dit bly?
Answer 4,878 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Geagte Blom

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Blaas en/of uterine kanker is nie simptomaties nie, behalwe in die gevorderde stadium waar daar pyn ondervind word, as gevolg van drukking op omliggende organe en pyn as gevolg van metastasis na ander dele van die liggaam. Om blaas kanker uit te skakel, stel ek voor dat 'n sonar van die blaas gedoen word, sowel as 'n sistoskopie van die blaas. Om uterine kanker uit te skakel, moet 'n sonar van die uterus gedoen word, asook 'n histeroskopie van die uterus.

Die medikasie wat voorgeskryf word sal slegs die simptome van die blaasontsteking verlig en indien dit kanker is, sal die pyn blywend wees.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9439 votes
No
68% - 20025 votes
Vote