Ask an expert
Question

06 Dec 2005

Lae Bloed telling
Ek het 2 maande gelede toetse gedoen en daar is bevind ek het hoe cholesterol van 7.1 en 'n onderaktiewe skildklier! Ek is op medikasie. 'n maand gelede is ek in die hospitaal opgeneem vir erge blaas ontsteken. Die dr. het toetse gedoen en gese dat my bloedtelling baie laag is. Hy het aanbeveel en moet ysterpille twee keer 'n dag drink en dan wil hy my volgende jaar 2006, na 'n onkoloog verwys! Ek voel maar baie moegerig! Wat veroorsaak dat my bloedtelling so laag is!
Answer 29,398 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Beste Cecilia,
'n Lae bloed telling beteken dat daar te min bloedselletjies per milliliter bloed is. Jou bloedselletjies dra jou suurstof na al jou spiere en jou brein en as daar te min is, gaan jy maar pe voel. Mens kan ook makliker infeksies kry omdat jou witbloedselle te min is. Die oorsaak kan in jou beenmurg wees, dat die beenmurg te min maak of dat die selletjies te vinnig doodgaan. Die spesialiste sal daarna kyk en dan behandel volgens die oorsaak. Drink asb die medikasie wat jou dokter voorgeskryf het, eet gesond en moenie te veel woel nie!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.