Ask an expert
Question

16 Feb 2004

laerug skoliose
Beste dokter,

ek het al geruime tyd 'n pyn vanaf my laerug (die regterkant) tot in my boud, in my been af en tot in my tone. Soms, veral as ek geoefen het of lang ente bestuur, kry ek 'n speldeprikkelgevoel in my tone, soms selfs ook in my linkervoet. Maar dis altyd net my regterbeen, -kuit en -boud wat pyn. Ek het nogal kwaai las hiervan en dit hou my soms uit die slaap as dit baie erg is. Ek was onlangs dokter toe en hy het x-straalplate van my laerug laat neem terwyl ek in verskillende posisies lê.
Die x-straal verslag lees soos volg: Normal lumbar lordosis is diminished with a slight scoliotic curve convex towards the left at the dorso lumbar junction and this can be in keeping with muscle spasm.
Ek is nie seker wat dit beteken nie, ek het die dokter nou al vier keer gebel om te vra, maar hy is nooit beskikbaar nie en antwoord ook nie my oproepe nie.
Al wat ek wil weet, is of dit die pyn in my regterbeen kan veroorsaak en hoe ek dit dan nou moet behandel, want dis baie hinderlik.
Ek het ook 'n ligte skoliose in my borug tussen my blaaie en wonder interessantheidshalwe of die laerugskoliose dalk in kompensasie kan wees van die skoliose in my bo-rug?
Ek kry ook gereeld 'n pyn in my regtersy en -lies -- kan die spierspasmas in my rug dit veroorsaak (verplaasde pyn), of is daar dalk 'n ander rede?
Groete,
oneweredige meisie.
Answer 4,486 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

OM, die verslag sê dat daar uitwissing van die norale kurwe voorentoe is en dat dit mag inpas met rugspierspasma. Dit klink vir my of jou simptome as gevolg van meer as net rugspeirspama is en dat dit die beste sal wees om ‘n neurochirurg te sien en ‘n MRI te laat doen. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.