Ask an expert
Question

23 Jun 2010

lekkende hartkleppe
Ek is pas gediagnoseer met twee hartkleppe wat lek. Asook is die hartritme uit. Wat is die oorsaak, behandeling en prognose. EK kry nie op die net enige bruikbare inligting nie. Ek is 62 jaar oud, vroulik, baie moeg deesdae, asook geneig om ''''uit te pass''''. Kan dit a g v die hartkleppe wees? Groete,
Answer 6,648 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Bekommerd
Hartkleppe kan lek agv vorige hartaanvalle (beskadiging van weefsel) infeksies soos endokarditis, aangebore defekte, hartversaking (die hartspier word pap en rek uit). Aritmiee kan veroorsaak word deur middels, hartspier skade, siekte van die senuwee nodes in die hart, hartversaking of abnormale elektroliete. Prognose en behandeling sal afhang van die graad van die probleem as ook die oorsaak. Bespreek dit eerder met jou kardioloog? Moegheid en floutes kan veroorsaak word deur die hartritme wat nie reg werk nie.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.