Ask an expert
Question

22 Sep 2009

Lewens moeg
Hallo Dokter

Ek soek raad. Elke aand gaan slaap ek so 9h en staan 7:30 op. Dit nadat ek eintlik moes 6:45 opgestaan het, maar ek snooze die wekker elke keer.

Ek bly vaak. Gaap lang gape dat die trane loop. Ek eet elke aand groente saam met ' n stukkie vleis, so ek twyfel nie daaraan dat ek genoeg groentes in kry nie. Ek was hierdie jaar ook nog net 1 keer siek, so ek kry defnitief genoeg vitamines in.

So, ek slaap genoeg, ek eet reg, so hoekom bly ek so moeg? Ek was Januarie op vakansie. Kan ek dalk depressie of stres onder lede hê ? Ek soek ander werk, en dit gaan nie so goed nie. Kan dit dalk een van die redes wees? Ek was in die begin van die jaar vir yster toetse, en my yster was bo normaal.

Help asb. Dankie
Answer 4,495 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Helena
Daar is baie redes vir moegheid - mees algemeenste is dat jy nie diep genoeg slaap nie, of dat jou slaap onderbreek word, dat jy slaap apnee het of dat jy chronies te min slaap. Angstigheid, depressie en oormatige kaffein (koffie/coke/red bull) is ook sondebokke. Mens moet ook skildklier probleme, yster tekort en bloed armoede uitskakel. Sekere medisynes kan jou ook vaak maak. Sien ook
http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/003088.htm
Laat jou dokter 'n goeie algemene ondersoek doen, en toets jouself vir angstigheid en depressie op http://drhansdreyer.com/questionnaire.php
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9438 votes
No
68% - 20011 votes
Vote