Ask an expert
Question

13 Jan 2008

Liggaams hitte
Hello Dok
Ek wil net hoor hoe werk die beheer van 'n mens se liggaams hitte. My liggaamshitte is baie hoër as ander mense. Mense rondom trek truie en baadjies aan, dan kry ek nog warm. My kantoor lugrëelaar stel ek op 16 grade en hier by 18 rond, voel dit vir my net reg, dan loop ander uit en se dis te koud. My wederhelf le onder die duvet en slaap, dan le ek bo op, nie eens met die laken oor my nie. In die somer is my kussing, nat gesweet in die oggend en as ek gras sny, moet ek 'n waslap by my hou, want die sweet loop letterlik van my gesig af.
Groete
Hottie
Answer 1,149 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hottie

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Liggaamshitte word beheer deur jou basale metaboliese spoed. Sommige persone s'n is hoer as ander . Dit is nie 'n probleem om erg bekommerd oor te wees nie. Jy kan wel jou huisdokter raadpleeg en hom/haar vra om 'n TSH toets te doen (skildklier toets). Dit kan wees dat jou skildklier se funksie baie hoog is en sodoende die simptomes veroorsaak.

Groete



Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19939 votes
Vote