Ask an expert
Question

29 Jan 2004

Medikasie en duik
Dokter hoekom mag mens nie scuba duik as jy antidepressante gebruik nie? Ek gebruik Aropax, Limictin en Leponex. Ek het al geduik tewyl ek die medikasie gebruik, maar toe ek vir my medies gaan omdat ek die nodige papiere wou kry het die dokter gese hy mag glad nie my medies goedkeur met daardie medikasie nie. Ek het nou wel net tot op dieptes van 20 m en minder geduik (saam met 'n instrukteur), maar niks snaaks het gebeur nie. Is dit werklik so gevaarlik dat ek liewers nie die kans moet waag nie?

Baie dankie.
Answer 681 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Jakkie, die Aropax® is veilig en die Lamictin® waarskynlik ook. Dis die Leponex® wat eintlik gekontraïndikeerd is in situasies waar bewussyns onderdrukking ‘n probleem mag wees. Dit is nie te së dat dit gaan probleme veroorsaak nie, maar dit mag en daarom het die dokter jou aangeraai om nie alleen te duik nie. Ek moet sê ek voel dieselfde. Die beste sal wees om met jou psigiater te praat en uit te vind hoe hy oor jou spesifieke omstandighede voel. Sterkte.
PS, I’m sorry I took so long to answer your question, but all the answers posted in reply to questions posted on the 29th somehow got lost in Cyberspace. Here it is again.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9365 votes
No
67% - 19350 votes
Vote