Ask an expert
Question

24 Jun 2010

Milt &amp  Limfstelsel
My dogter is 17 en haar milt is in Desember weens mediese redes verwyder. Sy is op 18 maande met ''n vergrote milt en lewer gediagnoseer en alle moontlike toetse is deur die loop van die jare gedoen. (lewer biopsies, beenmurg toetse op 3jr). Geen finale oorsaak kon egter ooit gevind word nie. Sy het teen Junie verlede jaar kronies geelsug begin kry en ons het toe besluit om die milt te verwyder. Dit was ''n kolosale 30cm, agter die milt het hulle egter op verwronge kliere afgekom wat met kanker verwante siekte verband hou. Die limf kliere en lewer biopsie se toetse was gelukkig negatief. My dogter ondervind egter vanaf haar operasie geweldige probleme met haar limf kliere wat geweldig swel en vog retensie. Sy het ook ''n aansienlike gewig toename alhoewel sy al hoe minder eet. Ek sal enige raad waardeer.

Elize
Answer 8,511 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Elize
Ek gaan nie eintlik vir jou veel raad kan gee nie - want ek gaan te veel inligting nodig hĂȘ om 'n idee te kry wat regtig aangaan. Kyk bietjie hierna: http://www.mayoclinic.com/health/enlarged-spleen/ds00871/dsection=causes
Die vog retensie kan die oorsaak vir haar gewigstoename wees en is gewoonlik agv lae protein vlakke (omdat die lewer nie reg werk nie), water terughouding (omdat die niere nie reg werk nie), of hartprobleme. Limfkliere kan swel agv infeksies, inflammasie (outo immune siektes) of kankers. Ek stel voor dat julle haar dalk by 'n lewer spesialis kry (as jy my laat weet in watter area julle bly kan ek kyk of ek julle 'n kontak nommer kan gee)
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.