Ask an expert
Question

31 Mar 2006

Moesies
Ek het onlangs redelike pyn begin ervaar in die area rondom my T4 rugwerwel - met Reflexology het ons agtergekom daar is pyn as gewerk word op my T4 rugwerwel. Ek het, sover ek enigsens kan dink, geen besering daar opgedoen in die verlede nie. Ek het nou agtergekom amper "spot on" op die werwel het ek 'n moesie wat vlgs my man donker en ligte bruin skakerings het. Sou die moesie skadelik wees en enige uitwerking op my wewels kan hê? Het witjas sindroom so BAIE bang vir Dokters.
Answer 918 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Skye,
Moesies gee gewoonlik nie uitsaaings na werwels nie maar na die longe en lewer. Jy moet tog dat 'n (gawe) dokter net vir jou daarna kyk. Ek dink ook dat jy dalk 'n x/straal van die werweltjie nodig het - jy het dit dalk beseer of dit het dalk 'n kussingtjie wat platgeval het. Hoekom is jy bang vir 'n dokter en nie vir 'n refleksoloog nie? Maak die dokters jou dan seer?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9422 votes
No
68% - 19857 votes
Vote