Ask an expert
Question

20 Oct 2009

Mond Sproei
My moeder is al 83 en het nou skielik begin sukkel met Sproei in die mond. Sy kla van bitter smaak in mond, kla sy proe swak en het dik aanpaksel op tong. Sy gebruik reeds 8 maande Daktarin, Mycostatin,probiotika. Sy het ook 3 kursusse pille gedrink wat dr voorgeskryf het - jy drink slegs 1 per week - ken ongelukkig nie die naam nie. Wat anders kan ek doen om haar te help? Sy voel verskriklik selfbewus agv die wit tong.
Answer 49,339 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Delene
Candida wat sproei veroorsaak is 'n gis wat normaalweg in die spysverteringskanaal voorkom, dit veroorsaak net sproei as dit oormatig groei, gewoonlik agv swak immuniteit, soos wanneer mens kankerbehandeling kry of kortisoon chronies neem of 'n siekte het wat jou witbloed selle (T selle) onderdruk. Ongelukkig kan die gis met tyd ook weerstandig raak teen anti-gis medikasie. Baie keer is dit nodig om hulle sistemies (maw met pille) te behandel omdat die lokale goed nie meer werk nie. Ketakonazole werk goed teen candida maar kan lewer toksies wees, so jou dokter sal 'n voorskrif moet gee en lewerfunksies monitor.
Sy moet ook jogurt eet met kulture in as moontlik en sorg dat sy goed vog inneem dat haar mond nie droog word nie. Sy kan haar mond spoel met water wat 'n paar druppels tea tree oil in het (maar dit proe sleg!) en jy kan vir haar iets gee om haar immuniteit op te bou soos Viral choice C.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20298 votes
Vote