Ask an expert
Question

02 Mar 2004

N Paar Vrae - DRINGEND!!!
Hallo Dokter
Net n paar vragies, ek hoop nie dokter gee om nie:

1. Is dit normaal as wanneer jy gaan sit om so snaakse gevoel in jou penis te hê? Wat ek bedoel, is wanneer jy stadig gaan sit, dan beweeg jou penis ook wel soos jy gaan sit, en dan voel dit so suurerig, nie seer nie, maar net snaaks.

2. Is dit normaal vir jou testikels(balls) om sensitief te wees wanneer jy bad en wanneer dit reeds soort van sag geword het(hangerig geword het)? Wat ek hierby bedoel, is wanneer jy hard was, voel dit sensitief, maar wanneer nog teruggetrek en hard, nie hangerig nie, is dit vreeslik maklik om daar te was, maak nie saak hoe rof nie.

3. Wat kan die volgende moontlik wees? : Wanneer ek masturbeer, begin my testikels na ñ ruk pyn, en dan is dit moeilik om klaar te masturbeer. Kan dit wees as gevolg van my groeistadiums? Let wel, dit gebeur so 1 uit 9 of 10 keer wat ek masturbeer, en gaan dadelik na die tyd weg.

4. Wat kan ñ ligte pyn, wat soms ñ brandgevoel is, net bokant die regterkantste boud, ± laag in my rug, en soms op die boud self, wees? Wanneer ek loop vind ek geen moeilikhede nie, maar meestal wanneer ek sit. Is dit dalk net spiere of iets? Wanneer ek daar druk of room aan smeer, brand dit soms, en die ligte pyn voel baie naby aan die vel (as ek kan sê soort van aan die buitekant). Is dit dalk ook groeipyne of groeistadiums? Dit voel soms asof die pyn BAIE liggies in my regterkantste been ook af gaan.
Ek kry ook soms nog brandgheid net bo my penis, waar die hare begin. Soms ook aan die sy waar die blindederm min of meer is. Dink dokter ek moet bekommerd wees en dink dokter dit is iets ernstigs, of is dit moontlik nog deel van die blaas infeksie wat besig is om te herstel?

5. Soos ek voorheen vir dokter geskryf het, oor die steekpyntjie agter my regterkantste testikel, dit is soms nou en dan nog daar. Ek was so week of twee terug by die dokter, met ñ blaas infeksie, en hy het vir my antibiotika gegee. Na die tyd moes ek terug gaan, want hy wou weer ñ uriene sample neem, en ek het vir hom gesê die stekie is nog steeds daar, toe sê hy, soos wat dokter ook genoem het, dit is maar net die blaas spasma. Dit het minder geraak, maar nou en dan as ek so 3 of 4 keer na mekaar probeer my pee inhou, ek hoop dokter weet wat ek bedoel, (soos wanneer ñ mens probeer voel of jy ñ pee het) dan voel ek dit nog. Dink dokter dit is dalk besig om weg te gaan? Die dokter het gesê ek moet nog so 10 van daardie “Urispas” pilletjies drink.

NB!!! Dink dokter dit kan my penis wat ñ stywe voorvel het wees wat al die bogenoemde veroorsaak. Ek is besig om daaraan te werk om die vel te rek, en ek vorder, en dan gaan ek probeer om dit behoorlik te was en skoon te maak.

Ek hoop nie ek was lastig nie dokter, maar ek sal REGTIG u raad waardeer.

Beste Groete
Morne :-) Ouderdom: 15

P.S. Dink dokter dit is nodig om bekommerd te wees? Adviseur ASSEBLIEF!!! Ek is BAIE BANG vir niermoeilikheid, of VERAL nierstene.

Thanks a million!!!

CHOW
Answer 3,146 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Morné, ek gaan probeer om jou vrae te antwoord soos jy hulle gevra het.
1. Dit klink asof dit normaal kan wees, maar dis moeilik om te verstaan wat jy bedoel. Ek twyfel of dit iets is om oor te bekommer.
2. As ek reg verstaan wat jy bedoel, klink dit vir my normaal.
3. Ek dink nie dis as gevolg van jou “groeistadiums” nie, maar dit klink nie asof jy jou daaroor hoef te bekommer nie.
4. Dit mag wees as gevolg van ‘n rug probleem. Die beste sal wees om jou dokter daaroor te sien as dit nie beter word nie.
5. Dit klink asof dit besig is om weg te gaan. As dit persisteer nadat die Urispas® klar is, sal die best wees om tog maar jou dokter te skakel.
6. “n Stywe voorvel kan van die simptome veroorsaak, maar nie almal nie. As die simptome persisteer sou die beste wees om maar liewer jou dokter te sien.
7. Jy was nie lastig nie.
Sterkte en laat my weet as jy nog vrae het.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.