Ask an expert
Question

11 Aug 2008

Opgeblaasde maag
Goeie dag Dokter

Ek hoop Dokter kan my help. Ek is elke dag van my lewe opgeblaas en kry verskriklik krampe op my maag.

Weet nie meer wat om te doen. Eno' s werk net ook tot op ' n punt. Is daar iets anders wat ek elke dag kan drink om dit te voorkom, of is dit wat ek eet. Ek kan sekerlik nie elke dag verkeerd eet nie.

Dit is baie ongemaklik en voel of ek 6 maande swanger is soos wat my maag opblaas.

Moet net sê  dat my metabolisme heeltemal op track is, my maag gaan omtrent 1 keer ' n dag, maar as ek so bloated is, dan skip ek ' n dag.

Dokter se hulp word hoog op prys gestel.

Byvoorbaat dankie,
M
Answer 44,626 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo M
Probeer die volgende:
Gebruik Probiotika 3 x per dag, vra jou GP vir 'n voorskrif vir Pankreoflat, een kapsule 3 keer per dag. Vermy kosse wat maklik gis soos brood, kool, brokkoli, uie, bone, en probeer om eerder oplosbare vesel te eet as kosse wat baie growwe onoplosbare vesel bevat soos volgraan brood. Oplosbare vesel kry mens in vrugte en groente. Vermy ook alle gaskoeldranke.
Spanning kan ook vir mens sulke simptome gee al eet jy reg, so kyk na jou stress vlakke - probeer stress verminder, kry bietjie oefening in elke dag en slaap genoeg!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19310 votes
Vote