Ask an expert
Question

11 Nov 2006

Osteoites Pubis
Ek het sedert Augustus 2006 Osteoites Pubis. Liggaam het in hospitaal nie op antibiotika reageer nie. Antibiotika is verander en daar was vordering. Is ontslaan en het nou vir die 3de keer al Purbac gebruik. Voel egter goed tydens die gebruik, maar sodra ek dit los voel ek baie sleg. Is dit maar die uitwerking van hierdie soort medikasie? Ek het egter ook vir pynblok inspuitings onder narkose gegaan - en die pyn is 100% beter. Bloedtoetse bly egter versleg. Is dit maar net 'n lang proses? Ek ondervind ook ongelooflike waterterughouding gedurende en na die gebruik van die medikasie. Indien ek nie 'n waterpil drink nie tel ek in 3 dae 10kg op, maar sodra ek dit drink verloor ek dit binne 48 uur. Bogenoemde put my emosioneel uit - wil net hoor of daar wel hoop is dat dit sal beter gaan. Ek wel opgelees dat dit tot 7 maande kan neem vir herstel - is dit waar? Groete CAH
Answer 3,028 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo CAH
Het jy osteïtis of osteo miëlitis?
Eersgenoemde is net inflammasie van die gewrig en spierspasma - tweede is infeksie in die been. Dit klink vir my eerder of dit die OM is?
Purbac kan nierskade veroorsaak en die simptome van swelling pla my nogal. Vra jou dokter om net jou nierfunksie te check?
OM kan baie lank neem om te genees - tot 18 maande!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.