Ask an expert
Question

20 Jul 2008

OZMED - OZONE 3 BATH SPA
Ons het onlangs bogenoemde masjien gekoop. Die masjien is ' n word in die bad gebruik en werk soos ' n spa. Verskeie olies word daarmee saam gebruik. Volgens die agent asook die boekes ens. daarmee saam help die masjien onder andere vir bloedsirkulasie, rumetoide artritis,sinus, hoë  bloeddruk,cholestrol, stress, versterk imuunstelsel en verskeie ander kwale. Die doel van die masjien is om d.m.v. die water meer suurstof in jou bloed te bewerkstellig, wat outomaties weer beter werking van die selle in die liggaam bewerkstellig. Dit kan ook help om kanker te genees indien dit in ' n baie vroë e stadium is. Dit was nogal ' n duur inkopie, maar ek en my man het in dit belê , aangesien ons albei sukkel met chroniese seer spiere. Wil net weet of dokter dink hierdie is ' n goeie tipe behandeling vir alle kwale of is dit maar net weer ' n geldmaakstorie waarvoor ons geval het? Kan die waterterapie werklik gesondheidsvoordele inhou? Dit is aan ons genoem dat jy dit elke aand moet gebruik om die grootste voordeel daaruit te kry. Jammer ek weet dit gaan nie werklik oor ' n gesondheidsvraag nie, maar wil net die opinie van ' n proffessionele persoon graag hê . Oja, die masjien is blykbaar deur ' n mediese proffessor van Durban ontwerp, en word blykbaar in ICU' s , Ouetehuise en Spotsterre vir beserings ook gebruik. Baie dankie vir u opinie.
Answer 3,820 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Ann

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Daar is geen konkrete wetenskaplike bewyse dat hierdie toestel werk nie. Ek kan daarom nie regtig 'n opinie lig nie, maar kan wel se dat jy wel voordeel daaruit sal put indien jy dit daagliks gebruik, aangesien die bewegende warm water jou spiere sal ontspan.

Ek stel voor dat julle dit gebruik en kyk of daar enige verbetering vir julle kwale is. Terugvoering oor die toestel sal waardeer word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19971 votes
Vote