Ask an expert
Question

17 Feb 2004

Penis Infeksie?
Hallo Dokter. Ek is 15 en het nog altyd n probleem met my voorvel van my penis gehad. Ek was onlangs Uroloog toe, en hy het gese dat n sirkumsisie/ besnyding nie nodig sal wees nie. Hy het toe vir my n prosedure gegee om te volg om die voorvel te rek ens., maar sy salf het nie my penis-infeksie genees nie. Dit was die 2de Desember 2003. Ons was toe op vakansie, en niks het verbeter nie, en ek het n infeksie gehad wat skrik vir niks nie. Toe ons terug gekom het, het ek en my pa dokter toe gegaan (huisdokter) om n antibiotika te kry. Ek het toe dir kursus voltooi, maar is tot nou toe bang om my voorvel te probeer rek en binne in te was, want ek is bang daar is nog steeds so n ontsettende pyn! Ek het nou n blaas infeksie. Die dokter se dit is nie normaal vir n seun om blaas infeksies op hierdie ouderdom te kry nie. H het gese as dit nie genees met die medisyne nie, moet hy n sonar neem om te sien wat is werklik fout. Nou dokter, wat kan ek nog probeer om my penis te was, watter metodes, want ek ervaar daagliks n brandgheid wat nie lekker is nie. Ek is SO BANG om net daaraan te raak!!! (Aan die binnekant) Ek weet nie of ek blaas infeksies kry omdat ek n onhiginiese penis het nie, en of dit self n blaas probleem is nie!!! Waarvan is die brandgheid? Is dit van vuil urine, of n onhiginiese penis?!?!?! Kan dokter asseblief vir my n metode voorle wat ek kan gebruik om van my brandgheid ontslae te raak. Wat kan ek doen om daardie vrees weg te kry?! Kan dokter assebleif vir my n metode gee om ook die voorvel oor te kry en te was. Ek wil alles probeer reg stel sonder dat dit nodig is om n surkimsisie te kry. ASSEBLIEF DOKTER!!! Sal dit dalk n goeie idee wees om dit probeer oor te kry met baba-olie? Kan baba-olie skadelik wees? Ek was selfs al na n Sielkundige toe met hierdie probleem!!! Asseblief dokter, help my, ek is BAIE BANG!!! Ek het opreg waardering vir u se hulp. BAIE DANKIE, Morne :-( P.S. Ek is bang daardie infeksie is weg, en ek weet nie eers daarvan nie, maar ek is bang om daar te probeer was, want ek is bang dit is nog steeds so pynvol. LW!!! Ek ervaar nog brandgheid. Totsiens!!! :-)
Answer 27,300 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Morne, dit klink asof alles te wyte is aan die feit dat daar ‘n infeksie onder die voorvel is. As dit regtig so seer is dat jy nie aan jou penis kan raak nie, moet dit taamlik erg wees en sal die beste wees om weer uroloog toe te gaan. Jy moet nie probeer om die voorvel oor te forseer nie, want dit mag agter die glans vashaak en dit mag tot erge swelling en verskriklike pyn lei. Baba olie is nie regtig gevarlik nie, maar dit is nie die regte manier in hierdie geval nie. As jy iets wil probeer voordat jy uroloog toe gaan, kan jy ‘n goodkoop oogsalf kry (‘n paar uisies) en dit 3x/d aanwend tussen die glans en voor vel (sonder om die voorvel terug te trek). As dit nie binne 5 dae opklaar nie sal die beste wees om tog maar uroloog toe te gaan. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20294 votes
Vote