Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- CyberDoc
- Oral health expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
prostaatkanker
My pa word Desember 73 en is omtrent 3maande terug gediagnoseer met ' n hoë prostaattelling, dokters het ' n skraap gedoen en die uitslae was posistief, hy moes 3maande lank wag en weer gaan vir ' n toets. Die toets is die week gedoen en die telling is nog steeds hoog.
Ek kan nie verstaan dat indien hy wel prostaatkanker het hoekom verwyder hulle nie net die prostaat nie, nou moet hy weer 2-3weke wag en nog ' n toets doen en indien die telling nog hoog is moet hy met chemo begin.
Pappa probeer verniet kalm voorkom, hy het al vir 2maande ' n lopende maag en ek is seker dit is alles spanning.
Wat kan ons doen om hom bytestaan en te verstaan dat die dokter die prosedure so uitrek.
pappa het ook 3weke terug in hartaanval gehad en was 3 dae in internsief
Baie dankie
Ronel

Ek is baie jammer om te verneem van jou vader se diagnose.
Chemo terapie word as 'n opsie gesien, heel moontlik omdat jou vader nie die prosedure van 'n radikale prostatektomie kan oorleef nie. Dit sal beter wees om die situasie met jou vader se uroloog te bespreek.
Om jou vader by te staan, kan 'n mens maar net ondersteunend en verdraagsaam wees. Verstaan sy frustrasies en probeer hom so veel as moontlik bystaan en vra wat jy kan doen om die situasie vir hom meer draaglik te kan maak.
Lees meer oor prostaat kanker op die volgende webbladsy: http://en.wikipedia.org/wiki/Prostate_cancer
Groete
Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.