Ask an expert
Question

17 Jul 2008

Pyn gaan nie weg nie
Hi Dr. Ek het vir die afgelope paar maande gereelde pyn op my maag, omtrent net daar waar my rubbes stop. Die pyn kom veral as ek staan en dit voel soms of dit pyn tot in my keel. Ek is ook die afgelope tyd baie winderig. Die dokter het gedink dis dalk die begin van ' n magseer en het vir my behandeling gegee wat ongelukkig niks gehelp het nie. Kan dit dalk ' n mantel vlies breuk wees?? Ek het 4 jaar terug ' n baie swaar kas in die huis geskuif en het vir die eerste keer die pyn begin kry, maar dit het na ongeveer 6 maande weggegaan. Iemand het vir my die raad gegee om turlington (van lenon) en kondensmelk te meng en elke oggend een lepel daarvan te eet, en dit het die pyn heelwat minder gemaak. Help asb
Answer 1,810 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Annien

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy 'n afspraak met 'n gastroentroloog maak en jou simptome met hom/haar bespreek. Jy sal heel waarskynlik vir 'n barium maal en 'n gastroskopie gestuur word. Sodoende sal daar vasgestel kan word wat die oorsaak vir jou pyn is en 'n mantelvlies breuk sal ook uitgeskakel kan word.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.