Ask an expert
Question

08 Feb 2004

Pyne
Ek is 45j, manlik en het begin Januarie begin stap vir oefening.Ongeveer 5km per dag, 5 keer per week.Akohol en gas koeldranke uitgesny en rooivleis ook baie verminder.Eet nou ontbyt en neem verkeie vrugte werk toe i.p.v. brood.
Alles het goed gegaan vir Januarie behalwe dat ek 'n ½ kilo opgetel het.
Februarie sover is niks lekker.Maandag en Dinsdag gestap met geen probleme . Word dinsdag nag wakker met my linkerknie wat kwaai pyn.Die oggend kan ek dit beswaarlik optel.Dit was kompleet of die ligamente seergekry het.Ek neem 'n pil en gaan werk toe.Teen etenstyd voel die knie weeromtrent heeltemal reg.Die aand weer 'n bietjie seer. Gaan stap nie Woensdag en Donderdag. Vrydag terug vanaf die werk voel ek my regter enkel raak seer.Vandag Sondag en die enkel is redelik geswel en pynlik.Dit is nie seer as ek daarop druk nie en is ook asof die pyn bedaar as ek rondbeweeg.So asof dit baie styf is en losser raak met die oefening.
Kan dit dalk suur wees of is dit maar die beste om 'n dokter te gaan sien
Answer 693 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Daan, dit mag as gevolg van suur (jig) wees of net as gevolg van ooroefening. As dit nie opgeklaar het teen Woensdag nie of dit word erger, sal die beste wees om tog maar jou dokter te sien. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.