Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- ADHD Expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Asthma Expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- Cough Expert
- CyberDoc
- CyberShrink
- Oral health expert
- Depression expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
- Fertility expert
- Flu expert
- GynaeDoc
- Headache expert
- Healthy Bones
rugprobleem?
Beste Cyberdoc,
ek is nogal aktief, gim gereeld en is gesond.
Die laaste tyd voel ek 'n stramheid in my lae rug en as ek lê en sit, pyn veral my regterbeen tot in my voet in. Ek voel soms ook, veral as ek klaar geoefen het, 'n vae speldeprikgevoel in my voete en pyn en 'n swaar gevoel in my bene.
Wat vreemd is, is dat ek dit glad nie voel as ek loop of staan nie. Ek besef daar is drukking êrens en dat ek moet laat kyk daarna.
Ek het reeds 'n afspraak by 'n ortopeed gemaak, maar wonder nou of dit die regte soort dokter is om te gaan sien.
Watter soort dokter sal die beste diagnose kan maak?
Ek kan net noem dat ek dieselfde probleem omtrent 'n jaar gelede gehad het, my GP het x-straalplate geneem en kon niks fout sien nie. Hy het gemeen dis spier-inflammasie.
Die probleem het mettertyd beter geword, maar kom en gaan steeds en is nou weer erger.
Dink CyberDoc dis dan maar beter om 'n spesialis te gaan sien? Ek is bang my dokter het iets misgekyk, en wil ook seker maak ek doen nie oefeninge wat meer skade as goed doen nie.
Groete,
akrobaat

Akrobaat, dis of ‘n ortopeed of ‘n neurochirurg – jou keuse. Jy kan altyd die ander een sien vir ‘n tweede opinie as daar met operasies gedryg word. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.