Ask an expert
Question

18 Feb 2004

SCIATICA
Ek het omtrent so vyf jaar terug begin om 'n pyn in my boud te kry en dit pyn dan tot in my voet. Die pyn kry ek meeste van die tyd net in die aande, en na ek 'n rukkie gelê het is die pyn gewoonlik beter. Ek strek my spiere om die pyn te verlig, want dit voel of my spiere vreeslik seer is, en as ek die spiere strek voel die pyn heelwat beter na ek weer na my normale posisie toe terugkeer. Is daar iets wat kan help, dit voel my my een been pyn omtrent elke aand. Ek gebruik Nuzak 20mg een pil in die oggend om my angsaaanvalle te verlig, kan ek twee Adco-Dol pynpille drink in die aand as die pyn te erg raak? Ek is die een met die baie fobies, so ek sal definitief nie op enige sterker medikasie gaan of vir 'n operasie gaan nie. Help my met ander raad asb. Verder wil ek weet of die Nuzac pille enige invloed sal hê op my libido? Dankie solank vir jou hulp.
Answer 2,668 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Blondie, dis veilig om Adco-dol® te drink as die payn te erg raak. As die simptome erger raak sal die beste wees om maar liewer ‘n dokter te sien en x-strale van jou rug te laat neem.
Die Nuzak® mag jou libido negatief affekteer, maar die verbetering in gemoed kanseleer dit gewoonlik uit. Jy kan jou dokter vra om vir jou ‘n ander SSRI soos Aropax® voor te skryf en te sien of dit nie ‘n beter effek het nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.