Ask an expert
Question

06 Oct 2009

Seer Knop in my bors
Hi Doc

Ek weet ek moet eerder na my dokter toe gaan maar om die waarheid te se ek is nogal bang!!

So van laas vrydag het ek a knop in my bors gevoel so aan die kant van my arm so maar hy is nogal seer Dit voel soos ' n kliertjie. Met tye is my bors so seer en met tye is hy amper weg dat jy hom net net kan voel net omdat ek weet waar hy is.

Wat kan dit wees?? Ek is nou 25.

Answer 7,383 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Anna
'n seerderige knop wat kom en gaan is gewoonlik 'n skadelose fibroadenoom - 'n borsklier wat reageer op jou hormone, maar mens moet laat kyk en doodseker maak. Die beste tyd om jou dokter te sien is direk na jou menstruasie. As nodig gaan hulle dalk 'n sonar neem. Mens het nie 'n mammogram nodig op so jong ouderdom tensy daar 'n klinies verdagte kankerknop is nie.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.