Ask an expert
Question

04 Aug 2008

Seer maag
Haai

Van verlede week Maandag af loop my maag. Ek het niks snaaks daai naweek geeet nie. Dit is alweer Maandag en nogsteeds nie opgeklaar nie. Ek het al Buscopan gedrink en Spasmol (nie seker oor die naam nie). Ek is te bang om iets te drink om my maag te stop, want laas het ek vreeslik gesukkel om opelyf te he. Ek eet maar droe brood. Het laas week sere in my mond begin kry en die naweek reg begin eet. Net om 5 keer in n uur se tyd badkamer toe te hardloop. Ek kry ook gereeld koors waar ek dan dieselfde tyd vreeslik koud kry. Het die naweek vreeslike hoofpyne gekry en my nek was ook seer. Wanneer ek geeet het, kry ek vreeslike pyn op my maag. Kan u asb vir my se wat ek kan doen sonder om dr toe te gaan, asb?

U tyd word opreg waardeer.
Answer 3,638 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Tams
Jy behoort 'n dokter te sien. Hulle moet jou stoelgang laboratorium toe stuur om te toets vir bakteriele infeksie. Jy het waarskynlik ook nodig om 'n antibiotika voorskrif te kry om die kiem in jou maag dood te maak.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9428 votes
No
68% - 19906 votes
Vote