Ask an expert
Question

04 Jan 2005

Slaap apnee
Ons het dringend hulp nodig. Na verskeie slaapstudies in vasgestel my man het slaap apnee wat nie met medikasie of 'n operasie gehelp kan word nie. Wanneer hy gaan slaap, gaan slaap die breinstam onmiddelik. Dokters sê dit is blykbaar waar wiegiedood vandaan kom. Met my man se geskiedenis kon ons sien hoe dit van kleins af kom, maar dit raak al hoe erger. Hy is nou 44 jaar oud. Dit veroorsaak dat hy permanent onbeskryflik moeg is en ook baie depressief raak. Ons kan geen verdere inligting in hierdie verband kry nie en weet ook nie waar ons nog kan gaan aanklop vir hulp nie. Enige inligting of verwysings sal baie help.

Answer 717 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Melinda, het julle reeds CPAP probeer? Waar woon julle? Laat weet my (as ‘n nuwe vraag) en dan neem ons dit van daar. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.