Ask an expert
Question

26 Nov 2012

Slaap probleem
Hi Dr

Ek is besorg oor ''n ou dame van 83 na wie se belange ek omsien omdat sy geen kinders het nie. Sy is in private versorging oord nadat sy heupbreuk gehad het twee jr terug. Die oord kla sy slaap nie. Toe het Dr begin met Zopivain. Na nog klagtes van haar slapeloosheid het hulle Tripeline bygevoeg want sy het las van been pyn agv beroerte. Dit het goed gegaan vir tyd en laasweek toe kla hulle weer sy bly onrustig die heel nag. Weer dokter toe en nou het sy Risperidone Hexal bygekry.. Sy slaap nog steeds sleg ten spyte van al hierdie pille en is vreeslik deurmekaar. Enige raad sal waardeer word.
Dankie dokter
Answer 933 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Lala

Ek stel voor dat sy 'n neuroloog konsulteer. Die medikasie wat sy tans gebruik, is baie goed en behoort haar rustiger te maak. Die neuroloog sal julle van die beste advies kan verskaf. Dit is moontlik dat sy mini beroertes kry en dit die oorsaak van haar simptome is. 'n Skandering van haar brein sal 'n goeie prentjie skep oor haar huidige toestand.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.