Ask an expert
Question

23 Oct 2009

SNAAKS
HI DOC, EK GAAN NOU VIR U N SNAAKSE VRAAG VRA. MY MAN HET SO RUKKIE TERUG BESLUIT OM WEER BIETJIE TE BEGIN OEFEN EN DIE LYF REG TE KRY. DIS NOU NA N PAAR JAAR VAN NIE AKTIEF WEES NIE. N DAG NA HY BEGIN OEFEN HET WAS HY SIEK, HET TOE BRONGITUS. KAN TOE NIE OEFEN NIE, RAAK TOE WEER TE BESIG MET WERK EN SO AAN EN VERGEET TOE WEER VAN AKTIEF WORD. DIE WEEK MAANDAG HET HY TOE NOU WEER BEGIN OEFEN, VANDAG IS HY SIEK, WAS DR TOE EN HET LONG VLIES ONTSTEKING. IS DIT MAAR NET TOEVALLIG DAT HY SIEK GEWORD HET DIE TWEE KERE NA HY BEGIN OEFEN HET OF KAN DAAR DALK IETS FOUT WEES MET SY LONGE SIENDE DAT DIT ELKE KEER SY LONGE IS WAT NIE LEKE IS NIE? DANKIE VIR U HULP. KAREN
Answer 765 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Karen

Dit kan heel toevallig wees en ek stel daarom voor dat hy weer begin oefen, sodra hy herstel het. Hy moet stadig begin en sy dokter vra om x-strale van sy longe te neem en ook 'n longfunksie toets te doen. Indien hy rook, stel ek voor dat hy ophou.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.