Ask an expert
Question

01 Aug 2006

Snaakse ding naar
Hi Dok

As ek tande borsel word ek vreeslik naar, ek het die Tandarts expert gevra en hy sê dat dit 'n mediese ding kan wees.
Dit gebeur omtrent elke dag en dit is nie as ek my tong borsel nie, ek word somtyds so naar dat ek opgooi.
Wat kan dit wees en wat kan ek daaraan doen.
Lisa
Answer 1,385 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Lisa
Naarheid kan veroorsaak word deur die "gag" refleks - as die tandeborsel te diep agter in jou keel gaan, of as gevolg van die smaak of reuk van die tandepaste, of dit kan as gevolg van jou middeloor se balans sentrum wees wat nie lekker werk nie (maar sal dan meer draaiduiseligheid deur die dag ook gee) of dit kan hormoon verwant wees ( jy is nie swanger nie?) of wees as gevolg van verhoogde druk in jou kop ( verhoogde serebrospinale druk). Probeer asb bietjie Vit B6 aanvullings (100mg daagliks) maar as dit aanhou moet jy maar dat jou dokter jou ondersoek en ook net na jou neurologiese funksies kyk. Dalk sal dit wys wees om 'n breinscan ook te doen as dit aanhou.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19881 votes
Vote