Ask an expert
Question

30 Jul 2008

Sonar tiroied
ek het ' n jaar gelede gegaan vir ' n op om nodulere te verwyder in my keel. Dit was verwyder en daar is gese dit sal nie weer terug kom nie. ' n jaar en vyf maande en ek sit weer met dieselfde probleem. Die nodulere voorkoms is duidelik regs en links sigbaar. In die gebied links lateraal meet die nodule en wel posterior 12.9 op dielaterale oppervlakte links meet die nodule 11.9 Die istmus is verdik. In die gebied van die regter tiroied word etlike klein nodulere areas gesien waarvan die grootte 8.1 op die posterior aspek meet. Op die regter laterale oppervlakte is ' n nodule van 9.4cm . Hierdie beelde pas by kolloiede nodules met tekens van sentrale afbraak.

Ek het ' n baie grote gehad van 15.0 wat blykbaar gelos was en geseel was dat dit nie weer kan groei nie en daar was niks oor nie hoekom kom dit weer? Dit belemmer die vloei van bloed na my kop toe ek was al verskeikere opgeneem vir baie vinnige hartkloppings en ek voel ' n tou om my nek en baie kere duiselig naar en keelseer ek sluk swaar en soms stik ek.

Kan u my asb meer vertel van dit. Wat moet ek doen moet ek weer laat sny of dit net los en kyk wat gebeur. Asb jou raad sal waardeer word.

Dot
Answer 5,396 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Dorothy
Jy het waarskynlik 'n multinodulere kropgeswel (goiter). Miskien moet jy maar 'n spesialis gaan sien, gewoonlik word daar met radioaktiewe jodium gekyk of daar enige "koue" nodules is ( reageer nie op jodium nie en is risiko vir kanker). Hulle kyk ook of die skildklier oor of onderaktief is met bloed toetse. Mens hoef nie die skildklier te verwyder vir 'n goiter nie maar as dit simptome gee soos benoudheid en drukking op omliggende strukture is dit dalk aangedui. Kolloide nodules is kliertjies in die skildklier wat tiroiedhormoon maak en dit dan opgaar.
Sien http://www.patient.co.uk/showdoc/27000670/
Oorsake kan wees jodium tekort, of outo immune siekte ( jy maak antiligaampies teen jouself) of virus infeksies.
Die besluit of geopereer hang af van of dit 'n risiko van kanker het, of dit ooraktief is, en of dit jou pla - kosmeties of andersins.
As hulle dit verwyder sal jy vir die res van jou lewe skildklierpilletjies moet drink.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19318 votes
Vote